Assemblies of Christ - Jesus is Lord Only One Lord - Jesus - Slegs Een Here - www.OneLord.co.za Gemeentes van Christus - Jesus is die Here
Prayer Requests / Gebedsversoeke Guestbook / Gasteboek

DIE GEMEENTES VAN CHRISTUS

Read in English

Geloofbelydenis
1 Ons aanvaar die Bybel as die geïnspireerde Woord van God, ewig en onfeilbaar en dat dit gesaghebbend die wil van God vir die mens verkondig en alles leer wat vir saligheid nodig is. (Ps. 119:160; Rom.5:4; 11Tim 3:16)
2 Ons glo in die Enige Waaragtige God van die Bybel – Vader, Seun en Heilige Gees. (Deut. 6:4; Job 23:13; Jes. 44:6; Sag. 14:9; Mark. 12:29; Joh. 17:3; Kol. 2:9; Jak. 2:19; Openb. 4:2 & 8)
2.1 Ons glo in God die Vader, ewig, onsigbaar en alomteenwoordig. (Deut. 4:12; Joh. 1:18; Joh. 4:24; Joh. 5:37; 1Tim. 6:16)
2.2 Ons glo in die eniggebore Seun van God, Jesus Christus, die Woord wat vlees geword het. (Jes. 7:14; Matt. 1:23; Joh. 1:14; Joh. 3:16; Gal. 4:4; 1Tim. 3:16; Heb. 2:14; 1Joh. 5:20; Openb 1:18)
2.3 Ons glo in die Heilige Gees wat die Gees van die Vader en Christus is, wat die wêreld oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel en die mens in die hele waarheid lei. (Joh. 14:16, 17, 26; Joh. 15:26; Joh. 16:7,8,13; Rom. 8:9; 1Kor. 2:11; 11Kor. 3:17)
3 Ons glo in die maagdelike geboorte en Godheid van Jesus Christus die Here, Sy kruisdood, opstanding op die derde dag, Hemelvaart en wederkoms. (Lev. 23:1-44; Jes. 7:14; Jes. 9:5; Matt. 1:23; Matt. 12:38-40; Matt. 27:32-56; Matt. 28:1-10; Mar. 16:1-7; Luk. 22:1-20; Luk. 23:56; Joh. 19:31; Hand. 1-9-11; 1Kor. 15:1-3; Gal. 4:4; Tit. 2:13)
4 Ons glo dat alle mense hulle moet bekeer en weergebore moet word uit water en Gees en dat almal wat glo in die verlossingswerk van Jesus Christus gedoop moet word tot vergifnis van hulle sonde deur enkelvoudige onderdompeling in die Naam van die Here Jesus. (Matt. 28:19; Joh. 3:5; Hand. 2:38; Hand. 19:1-6; Rom. 6:1-4; 1Kor. 6:10-11; Gal. 3:27; Tit. 3:5; 1Pet. 3:20-21)
5 Ons glo in die uitstorting van en doping in die Heilige Gees, waarvan die uiterlike teken die spreek in ander en nuwe tale is. Ons glo aan die genadegawes van die Heilige Gees, soos weergegee in die Woord van God, waarvolgens die kerk toegerus moet word vir dienswerk. (Joël 2:28 & 29; Matt. 3:11; Mark. 16:17; Hand. 2:1-4 & 38; Hand. 19:1-6; Rom. 12:3-8; 1Kor. 14:2; Kor. 12:1-31; Efes. 4:7-16; 1Pet. 4:10)
6 Ons glo dat die Kerk geroep is tot gehoorsaamheid aan die uitvoering van die Groot Gebod en die Groot Opdrag. (Matt. 22:36-40; Matt. 7:12; Matt. 28:19; Mark. 16:15; 1Kor. 10:24)
7 Ons glo aan die opstanding van die dode tot die ewige lewe of die ewige verderf en in ’n oordeelsdag waar Jesus Christus die lewende en die dode sal oordeel en dat daar ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde gaan wees waar God in heerlikheid en geregtigheid sal regeer. (Sag. 14:9; Matt. 24:40-41; Joh. 5:28-29; 1Kor. 15:42; 1Thes. 4:13-17; 2Pet. 3:13; Openb. 20:11-15; Openb. 21&22)
8 Ons glo in die gereëlde bediening van en deelname aan die Nagmaal wat ’n instelling is van Jesus Christus en deur die Kerk onderhou moet word. (Matt. 26:26-29; 1Kor. 10:14-22; 1Kor. 11:23-33)
9 Ons glo aan heiligmaking deurdat elke Christen ’n dissipel van Jesus Christus moet wees en ’n toegewyde en heilige lewe moet lei volgens die vrug van die Gees. (Efes. 5:22; Matt. 5:48; 1Kor. 6:19 & 20; Heb. 12:13-16; 1Pet. 14-16)
10 Ons glo aan Goddelike genesing. (Lukas 4:18&19: Exod. 15:26; Jes. 53:4-5; Matt. 8:17; Mark. 16:18; Jak. 5:14-16; 1Pet. 2:24)
11 Ons glo dat Jesus Christus vir ons die voorbeeld van vergifnis en diensbaarheid gestel het, byvoorbeeld deur die dissipels se voete te was. ( Joh. 13:5-17)
12 Ons glo dat alle Christene in gemeenskap met mekaar moet verkeer, mekaar moet stig en daarom nie hulle onderlinge byeenkomste mag nalaat nie. (Ps.27:4; Ps. 122:1; Hand. 2:47; Heb. 5:14; Heb. 10:25)
13 Ons glo dat alle Christene die tiende van al hulle inkomste, asook hulle offergawes na die Huis van die Here moet bring. (Gen. 14:18-20; 1Kron. 29:10-16; Spr. 3:9 & 10; Mal. 3:10; Matt. 23:23; Luk. 6:38; 1Kor. 16:2; 11Kor. 8:2&3; 11Kor. 9:6&7; Heb. 7:1-2)
14 Ons glo dat alle Christene hulle aan alle Goddelike instellings en owerhede moet onderwerp, solank dit nie teen die Woord van God indruis nie. (Rom. 13: 1&7; 1Pet. 2:13-17)
www.OneLord.co.za 011 477 0871
Prease reports problems / Raporteer asb. probleme
The Assemblies of Christ, Westdene, Johannesburg, South Africa
Die Gemeentes van Christus, Westdene, Johannesburg, Suid Afrika